Hurter Spies

‘n Zoeloe Op Die Stoep

Twee Afrikanergemeenskappe het die afgelope week elk met politieke partye te doen gehad wat hulle bestaansreg bevraagteken. Gedurende Paasnaweek het ’n afvaardiging van die uMkhonto weSizwe-party (MK) ’n besoek aan Kleinfontein afgelê en die afgelope week het die EFF in Kimberley betoog met ‘n versoek dat Orania se bestaansreg hersien moet word.

‘n Zoeloe Op Die Stoep Read More »

Platsak en Skaakmat

’n Politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van Pretoria, Roland Henwood, het aan Nuusweek gesê dat indien die begroting nie goedgekeur word soos dit deur die minister van Finansies, Enoch Godongwana, ter tafel gelê is nie, dit tot ‘n mosie van wantroue kan lei wat ‘n algemene verkiesing tot gevolg kan hê.

Platsak en Skaakmat Read More »

Afrikaners se Trump-kaart

“Ons besef nog nie hoe histories die gebruik van die woord ‘Afrikaner’ in die uitvoerende bevel [van die president van die VSA, Donald Trump] is nie.” Op ‘n vraag van Nuusweek het die bestuurshoof van Solidariteit, dr Dirk Hermann, gesê die diplomatieke stryd tussen die VSA en Suid-Afrika, en die VSA en die res van die wêreld, gaan oor reuseglobale kragte, en Afrikaners is skielik in die middel hiervan.

Afrikaners se Trump-kaart Read More »