Hurter Spies

PSIRA-Wet: Polisie Kort Hulp

Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir Polisie en die DA se adjunkwoordvoerder oor Polisie, Ian Cameron, sê die feit dat die regering R600 miljoen opsy moes sit vir sekerheidsmaatreëls tydens die afgelope week se March and March-betogings ’n duidelike bewys is dat die voorgestelde wysigings aan die PSIRA-regulasies geskrap moet word omdat die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie orde sonder die privaat veiligheidsbedryf kan handhaaf nie.

PSIRA-Wet: Polisie Kort Hulp Read More »

Dae Voor D-dag

Oor enkele dae, op 30 Junie, sal March and March, ’n organisasie wat mense teen ongedokumenteerde immigrante in SuidAfrika mobiliseer, ’n landswye protesaksie lei. March and March eis dat alle
ongedokumenteerde buitelanders die land teen 30 Junie moet verlaat.

Dae Voor D-dag Read More »

Woede oor “Amusante” E-pos

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling kry slae vanuit verskeie fronte, nadat die minister van dié portefeulje, John Steenhuisen, se personeelhoof, Jana le Roux, ’n e-pos van FMD Response SA wat aan die minister gerig was aan verskeie kollegas, insluitend die direkteur-generaal, gestuur het met die volgende opskrif: “Sien aangehegde – pas ontvang – vir ’n bietjie vermaak.

Woede oor “Amusante” E-pos Read More »