In Die Nuus

PSIRA-Wet: Polisie Kort Hulp

Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir Polisie en die DA se adjunkwoordvoerder oor Polisie, Ian Cameron, sê die feit dat die regering R600 miljoen opsy moes sit vir sekerheidsmaatreëls tydens die afgelope week se March and March-betogings ’n duidelike bewys is dat die voorgestelde wysigings aan die PSIRA-regulasies geskrap moet word omdat die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie orde sonder die privaat veiligheidsbedryf kan handhaaf nie.

Lees Meer »
Dae Voor D-dag

Oor enkele dae, op 30 Junie, sal March and March, ’n organisasie wat mense teen ongedokumenteerde immigrante in SuidAfrika mobiliseer, ’n landswye protesaksie lei. March and March eis dat alle
ongedokumenteerde buitelanders die land teen 30 Junie moet verlaat.

Lees Meer »
Woede oor “Amusante” E-pos

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling kry slae vanuit verskeie fronte, nadat die minister van dié portefeulje, John Steenhuisen, se personeelhoof, Jana le Roux, ’n e-pos van FMD Response SA wat aan die minister gerig was aan verskeie kollegas, insluitend die direkteur-generaal, gestuur het met die volgende opskrif: “Sien aangehegde – pas ontvang – vir ’n bietjie vermaak.

Lees Meer »
Wie’s Woedend vir Woolworths?

Die ontploffings by twee Woolworthswinkels die afgelope week was dalk die werk van afpersers. Die eerste ontploffing het verlede Donderdag plaasgevind toe ’n ploftoestel by die Woolworths in die Menlyn-winkelsentrum in Pretoria afgegaan het.

Lees Meer »
Ons Oeste Verdrink

Met die vrugte byna gereed om gepluk te word, was die ontnugtering vir boere in die Oos-Kaap groot toe hulle skielik aan die begin van die maand deur swaar reën en oorstromings getref word. Vrugbare bogrond is weggespoel en verwoes en op plekke het daar net rivierklippe agtergebly.

Lees Meer »
Ramaphosa se Oorlewingstryd

President Cyril Ramaphosa is tans waarskynlik druk besig om vas te stel hoeveel van die 400 parlementslede ’n voorstel sal ondersteun om hom in ’n staat van beskuldiging (in Engels: impeachment) te plaas, en hoeveel ’n mosie van wantroue sal steun.

Lees Meer »
Maak Suid Afrika Rasvry

Die vakbond Solidariteit sê Suid-Afrika kan en moet teen 2030 ’n rasvrye bedeling bereik, en het vandag ’n omvattende padkaart hiervoor deur sy Navorsingsinstituut bekendgestel.

Lees Meer »
Gauteng Kort 200 Nuwe Skole

Minstens 200 nuwe skole in Gauteng is nodig om die probleem van oorvol skole in die provinsie op te los. Byna die helfte van skole (48%), wat laeren hoërskole insluit, in Gauteng is oorvol.

Lees Meer »
Waarnemende Polisiediens

Die DA-parlementslid en voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, Ian Cameron, sê die skorsing van die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, is ‘n noodsaaklike en eintlik agterstallige stap in die rigting van die herstel van geloofwaardigheid en stabiliteit binne die SuidAfrikaanse Polisiediens (SAPD).

Lees Meer »
Sal Malema ‘n Sel Sien?

As die EFF-leier, Julius Malema, se aansoek om verlof tot appèl teen sy vonnis nie gister geslaag het nie, het hy vanoggend in die gevangenis opgestaan. Regter Twanet Olivier het egter bevind dat Malema slegs teen sy vonnis en nie sy skuldigbevinding nie mag appelleer.

Lees Meer »
Iran: Die Brose Blaaskans

Die skietstilstand tussen die VSA en Iran wat veronderstel is om twee weke te duur kan in die stadium net beskryf word as ’n “blye maar broos en betwiste blaaskans”.

Lees Meer »
Brandstof: Waar Was Die Bottelnek?

Daniel de Kock, ’n vennoot by PSG Wealth Frankfort en Bethlehem, sê die regering het gedurende Maart gesê dat daar genoeg brandstof is om tot die middel van April te hou. Dit laat gebruikers met die vraag waarom brandstofdepots aanvoer dat hulle nie voorraad het nie.

Lees Meer »
Wat Druk Die Olieprys?

Die direkteur van die Stigting Pionier Instituut in Nederland, dr Heinrich Matthee, beskryf die Iran-oorlog as ’n ekonomiese stelselskok vir Suid-Afrika se Europese en Asiatiese handelsvennote.

Lees Meer »
Brandstof: SA Moet Plan Maak

“Suid-Afrika kan beslis nie kwesbaar bly vir internasionale brandstofpryse wanneer die land beide die middele en vermoë het om redelik vinnig en bekostigbaar die infrastruktuur te bou om sy eie
brandstofbehoeftes te beveilig nie.” Só sê Gavin Kelly, uitvoerende hoof van die Padvragvereniging (RFA).

Lees Meer »
Spanning Oor Kill The Boer

Die ontwikkeling van gebeure tussen Suid Afrika en die VSA sedert president Cyril Ramaphosa se besoek aan die Withuis wys hoe die reeds gespanne situasie tussen die lande verder kan eskaleer.

Lees Meer »
Iran: Wie Is In Beheer

Die hoof van openbare skakeling van Solidariteit, Jaco Kleynhans, sê Iran se posisie in die Midde-Ooste is sedert 1979 deur twee dinge gekenmerk. Die eerste daarvan is die land se steun aan meestal Sjiiete-groepe soos Hesbollah in Libanon, die Houthi’s in Jemen en soortgelyke groepe in Sirië, Irak en die Palestynse gebiede.

Lees Meer »
ANC Het My Pa Vermoor

Hy was 16 jaar oud toe sy pa spoorloos verdwyn het. ’n Nota wat sy pa op sy ma se kussing gelos het, het daarop gedui dat hy iets vir die pot gaan skiet het.

Lees Meer »