Grondontwikkelingsreg
Hurter Spies se administratiefregpraktyk is daarop gemik om individue en besighede te ondersteun in sake wat verband hou met administratiewe reg en die interaksie met regeringsinstellings. Ons ervare prokureurs is toegewyd tot die beskerming van u regte in hierdie aangeleenthede.
Wat behels Grondontwikkelingsreg
Grondontwikkelingsreg omvat ‘n wye verskeidenheid spesialisgebiede, soos stads- en streekbeplanningsreg, ontwikkelingsreg, munisipale reg, administratiewe reg, alles verweef in een nisarea.
Ons help ontwikkelaars en beleggers, vanuit ‘n regsperspektief, dwarsdeur die munisipale beplanningsproses, met hul onderskeie ontwikkelingsprojekte dwarsdeur die Republiek van Suid-Afrika.
Indien u regshulp benodig in verband met grondontwikkelingsreg aangeleenthede, kontak die prokureurs by Hurter Spies vir kundige advies en regsverteenwoordiging.
