Koudlei Kommissies
President Cyril Ramaphosa se aankondiging die afgelope week van ’n kommissie van ondersoek na bewerings teen die minister van Polisie, Senzo Mchunu, is met skeptisisme begroet.
Koudlei Kommissies Read More »
President Cyril Ramaphosa se aankondiging die afgelope week van ’n kommissie van ondersoek na bewerings teen die minister van Polisie, Senzo Mchunu, is met skeptisisme begroet.
Koudlei Kommissies Read More »
Die SAPS se leierskap is in ’n krisis gedompel ná aantygings van grootskaalse korrupsie deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, lt.-genl. Nhlanhla Mkhwanzi. So sê die voorsitter van die Parlementêre Portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron.
Prof André Duvenhage, ‘n politieke ontleder verbonde aan die Noordwes-Universiteit sê hy is van mening dat die ANC die Regering van Nasionale Eenheid in die wiele wil ry.
Regering van Nasionale Onenigheid Read More »
Hoewel die Amerikaanse president, Donald Trump, beweer dat Iran se kernaanlegte vernietig is, hou die Iranse regering vol dat dit nie die geval is nie. Dr. Heinrich Matthee, die direkteur van die Stigting Pionier Instituut, sê in oorlogstyd is die enigste waarheid dat niemand werklik weet nie, en politici geneig is om die waarheid te plooi soos dit hulle pas.
Terwyl daar onsekerheid heers oor of die VSA aktief by die konflik in Iran betrokke sal raak, waarsku ’n internasionale politieke ontleder dat indien Amerika by ’n uitgerekte oorlog betrokke sou raak, dit die Amerikaanse president, Donald Trump, se nalatenskap skade kan berokken.
President Cyril Ramaphosa se aankondiging oor hoe die lang verwagte nasionale dialoog gaan verloop en wie die leiding daarmee gaan neem, is met skeptisisme deur Afrikanerorganisasies begroet.
Nasionale Monoloog Read More »
Die geregtelike ondersoek na die dood van die sogenaamde Cradock-4 het weer die gesprek oor gelykheid voor die reg laat opvlam. Vier aktiviste, Matthew Goniwe, Fort Calata, Sparrow Mkhonto and Sicelo Mhlauli, wat met die destydse United Democratic Front verbind is, is in 1985 dood nadat hulle vermoedelik deur die veiligheidspolisie ontvoer is. Die verrigtinge het dié week in die hooggeregshof in Gqeberha (Port Elizabeth) ’n aanvang geneem, nadat die heropening van die geregtelike doodsondersoek verlede jaar deur Ronald Lamola, toe minister van Justisie, aangekondig is.
CRADOCK 4 Die heksejag begin Read More »
President Cyril Ramaphosa het twee gesigte – een vir die buite- en een vir die binneland. Dit is die mening van die hoof van openbare betrekkinge by AfriForum, Ernst van Zyl. Van Zyl beskryf hierdie strategie – om een boodskap na die binneland en ’n ander na die buiteland te stuur – as ’n oorblyfsel van die Koue Oorlog.
“Die EFF-leier, Julius Malema kan wel in hegtenis geneem word vir aanstigting om moord te pleeg. President Donald Trump se vraag in die verband aan Ramaphosa is dus nie verregaande nie.”
Dit is die mening van Willie Spies van die prokureursfirma Hurter Spies Ing., na aanleiding van ’n vraag die Amerikaanse president, Donald Trump, aan president Cyril Ramaphosa tydens ’n ontmoeting by die Withuis die afgelope week.
Oomblik van Waarheid Read More »
Die afgelope week is gesprekke in Suid Afrika, en selfs in ander wêrelddele, oorheers deur die 49 Suid-Afrikaners wat in die VSA hervestig is nadat hulle suksesvol om vlugtelingstatus aansoek gedoen het. Tydens ’n besoek aan NAMPO het president Cyril Ramaphosa die 49 Suid-Afrikaners se optrede as “lafhartig” beskryf terwyl die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Supra Mahumapelo, hulle daarvan beskuldig het dat hulle leuens versprei oor wit mense wat slegte behandeling in Suid-Afrika ontvang.
Welcome to the USA Read More »