In Die Nuus

Vrede of Nie

Hoewel die Amerikaanse president, Donald Trump, beweer dat Iran se kernaanlegte vernietig is, hou die Iranse regering vol dat dit nie die geval is nie. Dr. Heinrich Matthee, die direkteur van die Stigting Pionier Instituut, sê in oorlogstyd is die enigste waarheid dat niemand werklik weet nie, en politici geneig is om die waarheid te plooi soos dit hulle pas.

Vrede of Nie Read More »

Wêreldkonflik

Terwyl daar onsekerheid heers oor of die VSA aktief by die konflik in Iran betrokke sal raak, waarsku ’n internasionale politieke ontleder dat indien Amerika by ’n uitgerekte oorlog betrokke sou raak, dit die Amerikaanse president, Donald Trump, se nalatenskap skade kan berokken.

Wêreldkonflik Read More »

CRADOCK 4 Die heksejag begin

Die geregtelike ondersoek na die dood van die sogenaamde Cradock-4 het weer die gesprek oor gelykheid voor die reg laat opvlam. Vier aktiviste, Matthew Goniwe, Fort Calata, Sparrow Mkhonto and Sicelo Mhlauli, wat met die destydse United Democratic Front verbind is, is in 1985 dood nadat hulle vermoedelik deur die veiligheidspolisie ontvoer is. Die verrigtinge het dié week in die hooggeregshof in Gqeberha (Port Elizabeth) ’n aanvang geneem, nadat die heropening van die geregtelike doodsondersoek verlede jaar deur Ronald Lamola, toe minister van Justisie, aangekondig is.

CRADOCK 4 Die heksejag begin Read More »