Massa-immigrasie: Van randtema tot sentrale debatspunt
Die afgelope aantal weke het duisende mense aan protesaksies in Brittanje en Australië deelgeneem om hulle ongelukkigheid oor immigrante uit te spreek. Meer as 150 000 mense het aan die Unite the Kingdomprotesaksie onder leiding van Tommy Robinson deelgeneem. Robinson was voorheen verbonde aan Britse politieke partye soos die Britse Nasionale Party en was ook ’n politieke raadgewer vir die voormalige leier van die Britse Onafhanklikheidsparty (UKIP), Gerard Batten. Hy is sedert vanjaar verbonde aan die politieke party Advance UK.
James Kemp Via Pretoria FM Nuusweek
19 September 2025

