Hurter Spies

CRADOCK 4 Die heksejag begin

Die geregtelike ondersoek na die dood van die sogenaamde Cradock-4 het weer die gesprek oor gelykheid voor die reg laat opvlam. Vier aktiviste, Matthew Goniwe, Fort Calata, Sparrow Mkhonto and Sicelo Mhlauli, wat met die destydse United Democratic Front verbind is, is in 1985 dood nadat hulle vermoedelik deur die veiligheidspolisie ontvoer is. Die verrigtinge het dié week in die hooggeregshof in Gqeberha (Port Elizabeth) ’n aanvang geneem, nadat die heropening van die geregtelike doodsondersoek verlede jaar deur Ronald Lamola, toe minister van Justisie, aangekondig is.

CRADOCK 4 Die heksejag begin Read More »

Tweegesig

President Cyril Ramaphosa het twee gesigte – een vir die buite- en een vir die binneland. Dit is die mening van die hoof van openbare betrekkinge by AfriForum, Ernst van Zyl. Van Zyl beskryf hierdie strategie – om een boodskap na die binneland en ’n ander na die buiteland te stuur – as ’n oorblyfsel van die Koue Oorlog.

Tweegesig Read More »

Oomblik van Waarheid

“Die EFF-leier, Julius Malema kan wel in hegtenis geneem word vir aanstigting om moord te pleeg. President Donald Trump se vraag in die verband aan Ramaphosa is dus nie verregaande nie.”
Dit is die mening van Willie Spies van die prokureursfirma Hurter Spies Ing., na aanleiding van ’n vraag die Amerikaanse president, Donald Trump, aan president Cyril Ramaphosa tydens ’n ontmoeting by die Withuis die afgelope week.

Oomblik van Waarheid Read More »

Welcome to the USA

Die afgelope week is gesprekke in Suid Afrika, en selfs in ander wêrelddele, oorheers deur die 49 Suid-Afrikaners wat in die VSA hervestig is nadat hulle suksesvol om vlugtelingstatus aansoek gedoen het. Tydens ’n besoek aan NAMPO het president Cyril Ramaphosa die 49 Suid-Afrikaners se optrede as “lafhartig” beskryf terwyl die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Supra Mahumapelo, hulle daarvan beskuldig het dat hulle leuens versprei oor wit mense wat slegte behandeling in Suid-Afrika ontvang.

Welcome to the USA Read More »

Die Waarheid Oor “Eie Doelskop”

’n Debat op die KYKnet-program In Gesprek het die afgelope week tot wye gesprekvoering op sosialemediaplatforms gelei. Die debat is gefasiliteer deur In Gesprek se aanbieder, Lourensa Eckard, en het plaasgevind tussen Pieter du Toit, adjunkredakteur van News24, en Willie Spies van die prokureursfirma Hurter Spies, Ingelyf. Spies is die regsverteenwoordiger van Sebastiaan Jooste wat onder die X-profiel Twatterbaas reusesteun geniet en selfs deur die bekende sakeman Elon Musk aangehaal word. Jooste se identiteit is onlangs op News24 onthul, wat daartoe gelei het dat hy, sy gesin en sy bejaarde ouers onder meer doodsdreigemente ontvang het. Jooste en sy gesin skuil tans uit vrees vir hulle lewens.

Die Waarheid Oor “Eie Doelskop” Read More »

X-Boer Gedreig Na News24 Hom Uitwys

’n Gebruiker van die sosialemediaplatform X wat deur die nuusbron News24 as Sebastiaan Jooste geïdentifiseer is, loop onder dreigemente deur nadat sy persoonlike besonderhede deur dié nuusbron gepubliseer is. Jooste, wat onder die profiel @twatterbaas gebruik het, se naam, dié van sy familielede, sy werk- en woonadres is deur News24 gepubliseer in ’n artikel waarin hulle die anonieme profiel “ontmasker”.

X-Boer Gedreig Na News24 Hom Uitwys Read More »

‘n Zoeloe Op Die Stoep

Twee Afrikanergemeenskappe het die afgelope week elk met politieke partye te doen gehad wat hulle bestaansreg bevraagteken. Gedurende Paasnaweek het ’n afvaardiging van die uMkhonto weSizwe-party (MK) ’n besoek aan Kleinfontein afgelê en die afgelope week het die EFF in Kimberley betoog met ‘n versoek dat Orania se bestaansreg hersien moet word.

‘n Zoeloe Op Die Stoep Read More »