Die Waarheid Oor “Eie Doelskop”

Groot debat oor News24 se grafiek

’n Debat op die KYKnet-program In Gesprek het die afgelope week tot wye gesprekvoering op sosialemediaplatforms gelei. Die debat is gefasiliteer deur In Gesprek se aanbieder, Lourensa Eckard, en het plaasgevind tussen Pieter du Toit, adjunkredakteur van News24, en Willie Spies van die prokureursfirma Hurter Spies, Ingelyf. Spies is die regsverteenwoordiger van Sebastiaan Jooste wat onder die X-profiel Twatterbaas reusesteun geniet en selfs deur die bekende sakeman Elon Musk aangehaal word. Jooste se identiteit is onlangs op News24 onthul, wat daartoe gelei het dat hy, sy gesin en sy bejaarde ouers onder meer doodsdreigemente ontvang het. Jooste en sy gesin skuil tans uit vrees vir hulle lewens.

Lees Meer

Deur James Kemp, Via Pretoria FM Nuusweek
9 Mei 2025