Afrikaners word geteiken
Die afgelope week is gesprekke in Suid Afrika, en selfs in ander wêrelddele, oorheers deur die 49 Suid-Afrikaners wat in die VSA hervestig is nadat hulle suksesvol om vlugtelingstatus aansoek gedoen het. Tydens ’n besoek aan NAMPO het president Cyril Ramaphosa die 49 Suid-Afrikaners se optrede as “lafhartig” beskryf terwyl die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Supra Mahumapelo, hulle daarvan beskuldig het dat hulle leuens versprei oor wit mense wat slegte behandeling in Suid-Afrika ontvang.
Via Pretoria FM Nuusweek
22 Mei 2025

