Afrikaners

Welcome to the USA

Die afgelope week is gesprekke in Suid Afrika, en selfs in ander wêrelddele, oorheers deur die 49 Suid-Afrikaners wat in die VSA hervestig is nadat hulle suksesvol om vlugtelingstatus aansoek gedoen het. Tydens ’n besoek aan NAMPO het president Cyril Ramaphosa die 49 Suid-Afrikaners se optrede as “lafhartig” beskryf terwyl die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee oor Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Supra Mahumapelo, hulle daarvan beskuldig het dat hulle leuens versprei oor wit mense wat slegte behandeling in Suid-Afrika ontvang.

Welcome to the USA Read More »

Afrikaners se Trump-kaart

“Ons besef nog nie hoe histories die gebruik van die woord ‘Afrikaner’ in die uitvoerende bevel [van die president van die VSA, Donald Trump] is nie.” Op ‘n vraag van Nuusweek het die bestuurshoof van Solidariteit, dr Dirk Hermann, gesê die diplomatieke stryd tussen die VSA en Suid-Afrika, en die VSA en die res van die wêreld, gaan oor reuseglobale kragte, en Afrikaners is skielik in die middel hiervan.

Afrikaners se Trump-kaart Read More »