Geregtigheid ná gru-ongeluk by Denel
Lid kry ongeskiktheidstoekenning ná Solidariteit ingryp
Op 26 Mei 2016 het ’n wapenontploffing by die werk Denel-staatmaker Ben Potgieter se lewe in ’n oogwink verander.
Vroeër daardie dag – een wat vir hom ’n verlofdag moes wees – het hy nog die koopkontrak vir sy droommotor onderteken. Sy eie Lexus – sy beloning ná baie jare se harde werk en geld spaar – sou drie dae later afgelewer word
Redaksie, Pretoria FM Nuusweek
26 Febuarie 2026

