ANC het my pa vermoor
Hy was 16 jaar oud toe sy pa spoorloos verdwyn het. ’n Nota wat sy pa op sy ma se kussing gelos het, het daarop gedui dat hy iets vir die pot gaan skiet het.
Later sou dit blyk dat sy pa, Jacob Gabriël van der Merwe deur vier lede van uMkhonto weSizwe (MK) voorgelê en eers in die rug geskiet is voor hy omgedraai en ’n skoot in die voorkop toegedien is. Tot vandag is niemand nog vir sy pa se dood vervolg nie en is sy liggaam steeds soek. Selfs sy ma se pleidooi voor die Waarheiden-versoeningskommissie dat sy net graag die feite oor haar man se dood wil hê en nie vergelding soek nie, het niemand na vore laat kom nie. Van der Merwe se ma is intussen oorlede.
Redaksie, Pretoria FM Nuusweek
5 Maart 2026

