G20: Fees van die Ongenooide

ANC skend VSA se vertroue

In die nadraai van die G20-leiersberaad wat die afgelope naweek in Johannesburg gehou is, is ’n nuwe storm ontketen met pres. Donald Trump wat pas aangekondig het dat Suid-Afrika nie by volgende jaar se G20 in Amerika welkom sal wees nie.

Nie Trump of enige Amerikaanse amptenaar het die G20 by Nasrec bygewoon nie.

Die Amerikaanse president het Woensdag op Trump Social bekendgemaak dat die VSA nie die G20 in Suid-Afrika bygewoon het nie omdat die Suid-Afrikaanse regering versuim om die verskriklike menseregteskendings wat deur Afrikaners, afstammelinge van Nederlandse, Franse en Duitse setlaars verduur word, reg te stel.

Lees Meer

Seugnet van Zyl, Pretoria FM Nuusweek
28 November 2025