In Die Nuus

3 000 wit kruise vandag in Washington geplant
Lex Libertas en die New York Young Republican Club sal vandag 3 000 kruise ter nagedagtenis aan boere wat op hulle plase vermoor is op die National Mall in Washington, DC plant.

Wie is die vroue wat aan die Oos-Rand vermoor is?
“Hierdie vroue is nie net liggame of saaknommers nie. Iemand ken hulle. Ons moet uitvind wie hulle is.” Ian Cameron, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie, sê die groot prioriteit is nou eenvoudig: “Identifiseer hierdie vroue wat aan die Oos-Rand vermoor is”.

’n Aanval op die hart van Amerika
Op 11 September 2001 word die wêreld geruk deur ’n aanval op die Verenigde State van Amerika, toe eers een en later ’n tweede passasiersvliegtuig in die Wêreldhandelsentrum in New York vasvlieg.

ANC wil mag met megamunisipaliteit behou
Die ANC se die voorstel om ’n enorme megamunisipaliteit in Gauteng tot stand te bring deur die metrorade van Tshwane, Johannesburg en Ekurhuleni saam te smelt, is ’n poging is om die mag in hulle hande te hou.

UNISA-hel: Werknemer praat
Te midde van klagtes oor die werksomstandighede by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) het Solidariteit die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, gevra om in te gryp.

Wat march Oom Kallie daar
Die stigter van March and March, Jacinta Ngobese-Zuma, en die uitvoerende hoof van die burgerregteorganisasie AfriForum, Kallie Kriel, het die afgelope week tydens ’n vergadering ’n strategiese alliansie tussen die twee organisasies gevorm om, luidens ’n gesamentlike verklaring, die regering se tekortkominge op gemeenskapsvlak aan te pak.

Verkiesing: Die Aftel Begin
Die Minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (CoGTA) sal waarskynlik vandag die plaaslikeregeringsverkiesing in die Staatskoerant proklameer.

Rybewys Nou 10 Jaar Geldig
Suid-Afrikaanse rybewyse sal voortaan vir tien jaar geldig wees. Die kabinet het die groen lig gegee vir dié verlenging van die geldigheid van rybewyse van vyf tot tien jaar.

Ramaphosa Hoor Vandag
Die Wes-Kaapse Hooggeregshof sal vandag uitspraak lewer in president Cyril Ramaphosa se dringende aansoek om die parlement se artikel 89-ontheffings-proses te staak. Ramaphosa wil hê dat die komitee se werk opgeskort moet word terwyl hy die onafhanklike paneel se bevindings oor die Phala Phala-skandaal op hersiening neem.

Moeilikheid in die Metro
Toe die VF Plus se burgemeesterskandidaat en prokureur, Willie Spies, tydens die afgelope Saterdag se Springbokwedstryd langs die veld by Loftus Versfeld sit, het hy nie gedink dat ’n man daardie aand sy lewe sal verloor of dat hy die familie sal bystaan in die stryd vir geregtigheid wat daarop sal volg nie.

Boere Kan Nou Self Ent
Die Departement van Landbou het ‘n skikking met die Suider-Afrikaanse Agri Inisiatief (SAAI), Vrystaat Landbou en Sakeliga, ná ‘n hofstryd oor die toediening van bek-en-klouseer-entstowwe, bereik. Die skikking bepaal dat die verkryging en verspreiding van entstowwe nie uitsluitlik by die staat sal berus nie.

PSIRA-Wet: Polisie Kort Hulp
Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee vir Polisie en die DA se adjunkwoordvoerder oor Polisie, Ian Cameron, sê die feit dat die regering R600 miljoen opsy moes sit vir sekerheidsmaatreëls tydens die afgelope week se March and March-betogings ’n duidelike bewys is dat die voorgestelde wysigings aan die PSIRA-regulasies geskrap moet word omdat die Suid-Afrikaanse Polisiediens nie orde sonder die privaat veiligheidsbedryf kan handhaaf nie.

Dae Voor D-dag
Oor enkele dae, op 30 Junie, sal March and March, ’n organisasie wat mense teen ongedokumenteerde immigrante in SuidAfrika mobiliseer, ’n landswye protesaksie lei. March and March eis dat alle
ongedokumenteerde buitelanders die land teen 30 Junie moet verlaat.

Iran: Gaan Vrede Hou?
Die Islamabad-memorandum van verstandhouding bring ’n tydelike skietstilstand tussen die VSA en Iran mee.

Woede oor “Amusante” E-pos
Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling kry slae vanuit verskeie fronte, nadat die minister van dié portefeulje, John Steenhuisen, se personeelhoof, Jana le Roux, ’n e-pos van FMD Response SA wat aan die minister gerig was aan verskeie kollegas, insluitend die direkteur-generaal, gestuur het met die volgende opskrif: “Sien aangehegde – pas ontvang – vir ’n bietjie vermaak.

Wie’s Woedend vir Woolworths?
Die ontploffings by twee Woolworthswinkels die afgelope week was dalk die werk van afpersers. Die eerste ontploffing het verlede Donderdag plaasgevind toe ’n ploftoestel by die Woolworths in die Menlyn-winkelsentrum in Pretoria afgegaan het.

Ons Oeste Verdrink
Met die vrugte byna gereed om gepluk te word, was die ontnugtering vir boere in die Oos-Kaap groot toe hulle skielik aan die begin van die maand deur swaar reën en oorstromings getref word. Vrugbare bogrond is weggespoel en verwoes en op plekke het daar net rivierklippe agtergebly.

Ramaphosa se Oorlewingstryd
President Cyril Ramaphosa is tans waarskynlik druk besig om vas te stel hoeveel van die 400 parlementslede ’n voorstel sal ondersteun om hom in ’n staat van beskuldiging (in Engels: impeachment) te plaas, en hoeveel ’n mosie van wantroue sal steun.

Maak Suid Afrika Rasvry
Die vakbond Solidariteit sê Suid-Afrika kan en moet teen 2030 ’n rasvrye bedeling bereik, en het vandag ’n omvattende padkaart hiervoor deur sy Navorsingsinstituut bekendgestel.

