Ons Oeste Verdrink

As ons gaan lê is dit tot niet

Met die vrugte byna gereed om gepluk te word, was die ontnugtering vir boere in die Oos-Kaap groot toe hulle skielik aan die begin van die maand deur swaar reën en oorstromings getref word. Vrugbare bogrond is weggespoel en verwoes en op plekke het daar net rivierklippe agtergebly. Daarbenewens is bome, besproeiingstoerusting en spilpunte weggespoel see toe. Dit is nog te vroeg om die skade te bereken, maar dit sal waarskynlik miljoene beloop, indien nie miljarde nie.

Lees Meer

James Kemp, Pretoria FM Nuusweek
4 Junie 2026