Wie neem die leisels by Steenhuisen oor?
Roland Henwood, ’n politieke ontleder verbonde aan die Universiteit van Pretoria, sê wie ook al die leisels by John Steenhuisen as DA-leier oorneem, moet besef dat dié party nou ’n breëkerk-benadering volg, met verskillende belangegroepe wat daarin verteenwoordig word.
Alhoewel niemand nog amptelik hulle naam in die hoed gegooi het nie, is daar reeds ’n paar kandidate oor wie daar gespekuleer word.
Redaksie, Pretoria FM Nuusweek
6 Febuarie 2026

