ANC wil buitelandse beleid kaap
Die gebeure in Venezuela en die opstand in Iran wys dat die ANC se internasionale bondgenote in die moeilikheid is. So sê prof. André Duvenhage, ’n politieke ontleder verbonde aan die Noordwes Universiteit.
Iran gaan tans gebuk onder openbare opstande weens die ekonomiese krisis waarin dié land gedompel is. Verder is die president van Venezuela, Nicolás Maduro, enkele dae gelede saam met sy vrou, Cilia Flores, op klagte van narko-terreur, dwelmhandel en verwante misdade in hegtenis geneem. Sy arrestasie is deur middel van ’n spesiale operasie deur die Amerikaanse spesiale eenheid bekend as Delta Force uitgevoer.
Redaksie, Pretoria FM Nuusweek
9 Januarie 2026

