Die skietstilstand tussen die VSA en Iran wat veronderstel is om twee weke te duur kan in die stadium net beskryf word as ’n “blye maar broos en betwiste blaaskans”.
So sê die ontleder, dr. Heinrich Matthee, van die Stigting Pionier Instituut. Matthee wys daarop dat die eerste dag van die skietstilstand reeds gepaardgegaan het met aanvalle op Iranse raffinaderye en vergeldingsaanvalle op Koeweit, die Emirate en Saoedi-teikens, sowel as intensiewe aanvalle deur Israel op Libanon.
James Kemp, Pretoria FM Nuusweek
10 April 2026

