Malema byna in die tronk
As die EFF-leier, Julius Malema, se aansoek om verlof tot appèl teen sy vonnis nie gister geslaag het nie, het hy vanoggend in die gevangenis opgestaan.
Regter Twanet Olivier het egter bevind dat Malema slegs teen sy vonnis en nie sy skuldigbevinding nie mag appelleer.
Redaksie, Pretoria FM Nuusweek
17 April 2026

