Trump

Iran: Wie Is In Beheer

Die hoof van openbare skakeling van Solidariteit, Jaco Kleynhans, sê Iran se posisie in die Midde-Ooste is sedert 1979 deur twee dinge gekenmerk. Die eerste daarvan is die land se steun aan meestal Sjiiete-groepe soos Hesbollah in Libanon, die Houthi’s in Jemen en soortgelyke groepe in Sirië, Irak en die Palestynse gebiede.

Iran: Wie Is In Beheer Read More »

Wêreldkonflik

Terwyl daar onsekerheid heers oor of die VSA aktief by die konflik in Iran betrokke sal raak, waarsku ’n internasionale politieke ontleder dat indien Amerika by ’n uitgerekte oorlog betrokke sou raak, dit die Amerikaanse president, Donald Trump, se nalatenskap skade kan berokken.

Wêreldkonflik Read More »

Tweegesig

President Cyril Ramaphosa het twee gesigte – een vir die buite- en een vir die binneland. Dit is die mening van die hoof van openbare betrekkinge by AfriForum, Ernst van Zyl. Van Zyl beskryf hierdie strategie – om een boodskap na die binneland en ’n ander na die buiteland te stuur – as ’n oorblyfsel van die Koue Oorlog.

Tweegesig Read More »

Oomblik van Waarheid

“Die EFF-leier, Julius Malema kan wel in hegtenis geneem word vir aanstigting om moord te pleeg. President Donald Trump se vraag in die verband aan Ramaphosa is dus nie verregaande nie.”
Dit is die mening van Willie Spies van die prokureursfirma Hurter Spies Ing., na aanleiding van ’n vraag die Amerikaanse president, Donald Trump, aan president Cyril Ramaphosa tydens ’n ontmoeting by die Withuis die afgelope week.

Oomblik van Waarheid Read More »

Afrikaners se Trump-kaart

“Ons besef nog nie hoe histories die gebruik van die woord ‘Afrikaner’ in die uitvoerende bevel [van die president van die VSA, Donald Trump] is nie.” Op ‘n vraag van Nuusweek het die bestuurshoof van Solidariteit, dr Dirk Hermann, gesê die diplomatieke stryd tussen die VSA en Suid-Afrika, en die VSA en die res van die wêreld, gaan oor reuseglobale kragte, en Afrikaners is skielik in die middel hiervan.

Afrikaners se Trump-kaart Read More »