Ontploffings dalk werk van afpersers
Die ontploffings by twee Woolworthswinkels die afgelope week was dalk die werk van afpersers. Die eerste ontploffing het verlede Donderdag plaasgevind toe ’n ploftoestel by die Woolworths in die Menlyn-winkelsentrum in Pretoria afgegaan het.
Die volgende dag het ’n toestel in die Woolworths in Prellerplein in Bloemfontein ontplof.
’n Saak ingevolge die Wet op Ontplofbare Stowwe word ondersoek.
James Kemp, Pretoria FM Nuusweek
11 Junie 2026

