Duisende groet Oom Paul

Kruger 200: Só reis standbeeld na Orania

’n Replika van die standbeeld van die voormalige president van die ZuidAfrikaansche Republiek, Paul Kruger, het amptelik vanaf Pretoria na Orania vertrek. Dié standbeeld sal binnekort sy permanente staanplek op Orania se nuwe stadsplein inneem. Dié beeld, wat saam met sy voetstuk meer as 10 meter hoog sal staan en 1,5 ton weeg, gaan eers by verskeie plekke aandoen waar Kruger diep spore getrap het. By elkeen van die plekke sal daar ’n toespraak oor Kruger se betekenis vir die Afrikaner en Suid-Afrika gelewer word en NP van Wyk Louw se toneelstuk “Kruger breek die pad oop” sal opgevoer word.

Lees Meer

Redaksie, Pretoria FM Nuusweek
26 September 2025