Werksgeleenthede
Word deel van die Hurter Spies span.
Hurter Spies Ingelyf benodig ‘n Invorderings- en debiteure klerk (voltyds).
Posbeskrywing
- Algemene finansiële administrasie ten opsigte van skuldinvorderings en terugvoer aan kliënte;
- Ander verwante adminitratiewe en regsverpligtinge;
- Gegronde kennis van regsprosesse, optel van regs- en ander dokumente;
- Opstel van briewe aan balju’s, opvolg met balju’s en so ook skuldenaars;
- Hantering van dagboeke en administratiewe bystand aan finansiële beamptes;
- Uitstuur van rekeninge aan kliënte en opvolg van uitstaande debiteure;
Kwalifikasie
- Graad 12
- Rekenaargeletterd – Word, Excel en Outlook
- Tikspoed 40 woorde per minuut
- Ondervinding in GP sal voordeel geniet en ‘n baie sterk aanbeveling
Vaardighede
Akkuraatheid; stiptelikheid; eerlikheid; goeie organisering- en kommunikasievaardighede;
handhawing van goeie menseverhoudinge; vermoë om in ʼn span te werk; vermoë om onder druk te
werk; uitsonderlike administratiewe vaardighede; tik- en rekenaarvaardighede; tweetalig Afrikaans
en Engels; eie vervoer en geldige rybewys.
Sluitingsdatum vir aansoeke
Belangstellendes kan hulle aansoeke stuur aan admin@hurterspies.co.za, of ons aanlyn aansoekvorm gebruik, teen nie later nie as 9 Mei 2025.
