Solidariteit eis rasvryheid teen 2030
Die vakbond Solidariteit sê Suid-Afrika kan en moet teen 2030 ’n rasvrye bedeling bereik, en het vandag ’n omvattende padkaart hiervoor deur sy Navorsingsinstituut bekendgestel.
Die verslag, getiteld “Rasvry teen 2030”, stel voor dat die land geleidelik wegbeweeg van rasgebaseerde wetgewing na beleid wat eerder fokus op ekonomiese groei, werkskepping en behoefte-gebaseerde bemagtiging.
Redaksie, Pretoria FM Nuusweek
21 Mei 2026

