Brandstof – Bloedblad

Brandstof: “’n Mens se finansies is in sy dinges in.”

Die Suid-Afrikaanse ekonomie kan in ’n resessie af spiraal as die prys van olie en gevolglik brandstof bly styg.

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, sê hy is bevrees dat vooruitsigte vir Suid-Afrikaners vir die volgende maande en selfs jaar glad nie goed lyk nie.

Roodt sê die gemiddelde verbruiker gaan baie swaar getref word en nie net deur net die prys van brandstof, wat dié week weer gestyg het nie.

Lees Meer

Seugnet van Zyl, Pretoria FM Nuusweek
14 Mei 2026