“Kill the Boer”: Situasie gaan eskaleer
Die ontwikkeling van gebeure tussen Suid Afrika en die VSA sedert president Cyril Ramaphosa se besoek aan die Withuis wys hoe die reeds gespanne situasie tussen die lande verder kan eskaleer.
So sê prof André Duvenhage, politieke ontleder verbonde aan die NoordwesUniversiteit nadat die VSA se ambassadeur na Suid-Afrika, Leo Brent Bozell III, deur die Suid-Afrikaanse regering ontbied is nadat hy “ondiplomatieke” uitlatings gemaak het oor die omstrede lied “Kill the Boer”.
Redaksie, Pretoria FM Nuusweek
19 Maart 2026

