Malema skuldig aan rassehaat
“Uiteindelik het ’n regter in Suid-Afrika Julius Malema en sy trawante uitgewys vir wat hulle werklik is, naamlik ’n gepeupel wat rassehaat openbaar, aanhits en koester.”
Dit is die mening van die strafregkenner dr Llewelyn Curlewis oor die Gelykheidshof in Kaapstad wat Malema, leier van die EFF, Woensdag aan haatspraak skuldig bevind het.
Seugnet van Zyl Via Pretoria FM Nuusweek
29 Augustus 2025

