Aan weerskante van Gauteng se grense is wildboere en jagters moedeloos oor die verbod op reis vir ontspanningsdoeleindes wat pres. Cyril Ramaphosa aangekondig het.
Wildboere hoop daar sal vir hulle verligting wees wanneer me. Barbara Creecy, minister van omgewingsake, bosbou en visserye, haar riglyne bekend maak.
“My foon lui dag en nag. As dit nie ’n wildboer is nie, is dit ’n jagter en almal wil weet wat hulle moet doen,” sê mnr. Gerhard Heyneke, voorsitter van Wildbedryf Suid-Afrika. “Jagtogte is bespreek en deposito’s is betaal. Ek het egter nie vir hulle antwoorde nie, want ons wag vir direktiewe van die ministers af.”
Via Landbou.com
1 Julie 2021