Die Kommissaris van Werkloosheidsversekering het in oorleg met die uitvoerende komitee die verligtingskema ontwikkel wat bekend staan as die Coronavirus Tydelike werkgewer / werknemersverligtingskema (“Covid-19 TERS”).
Hierdie skema stel vir werkgewers in staat om aansoek te doen vir voordele gedurende die grendelstaat asook na afloop van die grendelstaat om die ekonomiese gevolge daarvan te versag.
Kwalifiserende vereistes:
Die Werkloosheidsversekeringsfonds of te wel die ‘UIF’ sal hulp verleen aan benadeelde werkers deur onder andere Tydelike Werkgewer-Werknemer Verligtingskema-voordele (die sogenaamde TERS voordele).
Indien werkgewers wat verplig is om die ‘tydperk van isolasie’ af te dwing en finansiële bystand nodig het vanaf die UIF, kan hulle die volgende e-posadres gebruik vir verdere basiese inligting: covid19ters@labour.gov.za.
‘n Outomatiese e-pos sal teruggestuur word wat die basiese prosedure, dokumente en inligting beskikbaarstel vir belangstellendes.
Basiese riglyne vir toegang tot die UIF-fonds:
STAP 1 : Die volgende dokumente is nodig
- ‘n Magtigingsbrief wat aantoon dat jy mag optree namens ‘n maatskappy om ‘n eis in te stel is nodig.
- ‘n Voltooide ooreenkoms tussen die UIF, Onderhandelingsraad (‘Bargaining Council’) en die Werkgewer.
- ‘n Voorgeskrewe vorm wat belangrike inligting van die werkgewer vereis.
- ‘n Bewys van werknemersalarisstrokies van die vorige drie maande.
- ‘n Gesertifiseerde bankstaat ter bevestiging van bankbesonderhede.
STAP 2: Stuur alle dokumente genoem in STAP 1 na covid19claims@labour.gov.za
STAP 3: Betaling sal eers kan geskied nadat die voltooide ooreenkoms soos genoem in STAP 1 deur die Fonds en die Werkgewer of Onderhandelingsraad afgeteken is.