Trane van blydskap het Maandag gevloei nadat die hooggeregshof in Bloemfontein beslis het dat prinses Gabo Moroka van die Seleka Barolong- tradisionele gemeenskap van Thaba Nchu deur die Vrystaatse premier as regent (waarnemende tradisionele hoofleier) erken moet word.
Regter Danita de Kock het ook gelas dat Sisi Ntombela, die premier, die nodige stappe moet doen om ’n sertifikaat van erkenning hieroor aan die prinses uit te reik.
De Kock het ook die aanstelling van Ntsoaki Julia Moroka as waarnemende tradisionele hoofleier hersien en tersyde gestel.
Via Netwerk24
13 Junie 2022