SAOU tree in by Eldoraigne; adjunk neem bestuur van skool oor

SAOU tree in by Eldoraigne; adjunk neem bestuur van skool oor

In ’n gesprek met verskeie rolspelers het die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) as bemiddelaar ingetree en met ’n handskud ooreengekom dat die omstrede hoof van die Hoërskool Eldoraigne in Centurion sy pligte aan die adjunkhoof delegeer.

Volgens Chris Klopper, uitvoerende direkteur van die SAOU, het hulle Dinsdagoggend met die skoolhoof, dr. Anton Prinsloo, die adjunkhoof, Dave du Plessis, die personeel, afgevaardigdes van die beheerliggaam asook die ouers gepraat om een boodskap aan almal oor te dra.

“As unie het ons nie enige gesag om enige afdwingbare besluite te neem nie. Ons kan dit slegs doen op die grondslag van ’n handskud en ’n ooreenkoms wat op jou woord van eer gegrond is.”

Lees Meer

Via Netwerk24
24 Augustus 2021