22 jaar nadat die eerste boere in Zimbabwe van hul grond onteien is, hoop van dié boere nou dat geregtigheid in die Suid-Afrikaanse appèlhof vir hulle sal seëvier.
Die boere het eers die Zimbabwiese howe genader, maar hulle in ’n muur vasgeloop omdat oudpres. Robert Mugabe by die regsproses ingemeng het en van die land se regters afgedank en met politieke handperde vervang het.
’n Tweede regsaksie in 2008, dié keer in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se tribunaal, was suksesvol, en die tribunaal het beslis dat die onteiening onwettig en rassisties van aard was.
Via Netwerk24
6 Mei 2022