Hoe eis mens by die Padongelukkefonds?

Hoe eis mens by die Padongelukkefonds?

Die Padongelukkefonds is ‘n statutêre liggaam wat deur die wet ingestel is om die stelsel van skadevergoeding te administreer vir skade wat gely is as gevolg van liggaamlike besering of dood wat veroorsaak is deur die nalatige bestuur van ‘n motorvoertuig.

‘n Eis van die Padongelukkefonds, ook bekend as ‘n derdeparty-eis, is ‘n eis wat ingestel kan word om vergoeding namens enige persoon wat skade gely het as gevolg van liggaamlike besering aan hulself, of liggaamlike besering of die dood van iemand anders as ‘n gevolg van ‘n motorbotsing.

Partye wat kan eis is:

  1. ‘n Party wat liggaamsbeserings opgedoen het in ‘n motorongeluk as bestuurder of passasier wat nie aanspreeklik is vir die ongeluk nie. Met ander woorde, as die beseerde persoon nie die nalatige bestuurder is nie.
  2. As ‘n broodwinner van ‘n gesin dood gaan weens ‘n motorongeluk, dan is die langslewende eggenoot en die kinders die persone wat skade gely het as gevolg van die finansiële steun van die broodwinner.
  3. Waar ‘n minderjarige beseer is in ‘n motorongeluk en mediese behandeling moet ontvang. In hierdie geval sou die ouer die eiser wees ten opsigte van die mediese koste wat aangegaan is, omdat dit die persoon is wat die koste moes betaal en daarom skadevergoeding opgedoen het, en die minderjarige die eiser sou wees ten opsigte van die liggaamlike beserings wat hy / sy opgedoen het.
  4. ‘n Voetganger wat nalatig deur ‘n motoris raakgery is.
  5. Neem kennis: ‘n Persoon wat alleen verantwoordelik is vir sy eie besering het nie ‘n eis nie, maar ‘n persoon wie se beserings deels deur sy eie skuld en gedeeltelik deur die skuld van ‘n ander motoris veroorsaak is, is geregtig op vergoeding. (Alhoewel die vergoeding verdeel word, met ander woorde verminder word)

Ongeïdentifiseerde eise waarin nie die eienaar of bestuurder van ‘n voertuig geïdentifiseer kan word nie, kan steeds teen die Padongelukkefonds ingestel word, maar dit is onderhewig aan sekere beperkings, insluitend dat dit binne twee jaar na die aksie (gewoonlik die datum van die botsing) of die eis sal verval. M.a.w. die persoon verloor hul reg om te eis.

Die derde party / eiser mag slegs skadevergoeding eis wat voortspruit uit liggaamlike besering of dood.

Voorbeelde van kategorieë skadevergoeding wat voortspruit uit liggaamlike beserings is:

  1. Verlede en toekomstige uitgawes vir mediese en hospitaal uitgawes.
  2. Verlies aan vorige en toekomstige verdienste.
  3. Verlede en toekomstige reisuitgawes om noodsaaklike mediese behandeling te bekom.
  4. Die koste van mediese behandeling en medikasie.
  5. Die koste verbonde aan diens van huishoudelike bediendes, verpleegkundiges of assistente as gevolg van die besering wat opgedoen is.
  6. Algemene skadevergoeding (‘n bedrag vir pyn, lyding, ongemak, ontevredenheid en verlies aan lewensgeriewe).

Voorbeelde van kategorieë skadevergoeding wat voortspruit uit die dood is:

  1. Verlies aan onderhoud of ondersteuning.
  2. Begrafnisskoste (beperk).
  3. Neem kennis: skade aan eiendom, byvoorbeeld aan ‘n voertuig, goedere binne ‘n voertuig en klere, kan nie van die Padongelukkefonds geëis word nie en dit moet direk van die persoon wat die ongelukg veroorsaak het of sy/haar versekeringsmaatskapy geëis word.

Ingevolge die Padongelukkefonds mag eise van derdepartye slegs deur die eiser self of hul prokureurs ingedien word. As ‘n eis deur iemand anders ingedien word, is die Padongelukkefonds geregtig om te weier om enige vergoeding te betaal.

Die eis moet binne drie jaar na die datum waarop die botsing plaasgevind het (twee jaar ten opsigte van ongeïdentifiseerde eise) by die fonds ingedien word. Dagvaardings moet binne vyf jaar nadat die botsing plaasgevind het, beteken word. Om algemene skadevergoeding te kan eis, sal daar verder van die beseerde verwag word om ‘n ernstige beseringsbeoordeling te ondergaan en ‘n aanslagvorm vir ernstige beserings binne bogenoemde datums in te dien.

As daar nie aan bogenoemde tydsbeperking voldoen word nie, sal die eis van die eiser verval en sal hy sy reg verloor om enige vergoeding te eis.

Die dokumente wat jy benodig om ‘n eis in te dien is:

  1. Die polisieverslag en/of die saaknommer van die ongeluk.
  2. Jou persoonlike besonderhede asook die besonderhede van die persoon wat in die ongeluk betrokke was.
  3. Alle stawende mediese verslae van besering wat opgedoen is waarvoor jy wil eis.
  4. Enige motiverende getuienis van mediese en/of regskenners en getuies se verklarings.
  5. Enige relevante inligting wat met die ongeluk verband hou, soos skake aan voertuig/e en/of omliggende strukture.

Eise moet op ‘n eisvorm (wat deur Hurter Spies Ing. verskaf kan word) ingedien word wat vergesel word deur ‘n verklaring wat basiese inligting verskaf oor die eiser, die voertuie en partye betrokke in die ongeluk, die datum en die plek van die ongeluk en die bedrag wat geeis word.

Sodra die nodige vorms voltooi is en die meegaande dokumente gereed is, moet die oorspronklike dokumente aan jou Padongelukkefonds prokureur oorhandig word.

Die eis sal na verwagting binne ‘n paar maande geprosesseer word, maar dit kan tot drie jaar duur.

Kontak vir Hurter Spies Ing. indien jy in ‘n motorongeluk was en ‘n eis wil instel.

Bronnelys:

  1. https://roadaccidentclaim.co.za/road-accident-fund-claims/
  2. https://claims.co.za/road-accident-fund/
  3. https://maroelamedia.co.za/geldsake/verbruikersake/so-eis-jy-van-die-padongelukkefonds/