Dit is bykans ‘n jaar vandat President Cyril Ramaphosa die Covid-19-pandemie as ‘n ramptoestand verklaar het, maar dit is eers onlangs wat die woorde “kriminele rekord” meer gereeld gebruik is. Daar is paniek en onsekerheid in die publiek veral na die Minister van Polisie, Bheki Cele in ‘n onlangse toespraak soos volg gedreig het:
“Now we will take you to the police station and we will take your fingerprints. You choose to pay a fine or you choose to see the magistrate. Both those processes give you a criminal record and that’s what South Africans must be very wary of – that this will immediately give you a criminal record – and we know what criminal records do to your life.”[1]
Die mees onlangs gepubliseerde regulasies rakende die dra van maskers, is egter van meer waarde om die regsposisie te bepaal as die toespraak van die minister: Regulasie 34 van die aangepaste vlak 3 beperkings, lees soos volg:
“34. (1) For the purposes of these Regulations, a ‘face mask’ means a cloth face mask or a homemade item that covers the nose and mouth, or another appropriate item to cover the nose and mouth.
(2) The wearing of a face mask is mandatory for every person when in a public place, excluding a child under the age of six years, and any person who fails to comply with a verbal instruction by an enforcement officer to wear a face mask, commits an offence and is, on conviction, liable to a fine or a period of imprisonment not exceeding six months, or to both such fine and imprisonment.
(3) No person will be allowed to-
(a) use, operate, perform any service on any form of public transport;
(b) enter or be in a building, place or premises, including government buildings, places or premises, used by the public to obtain goods or services; or
(c) be in any public open space, if he or she is not wearing a face mask.”[2]
Is daar regtig strafregtelike gevolge indien daar nie aan die bogenoemde regulasies voldoen word nie?
Volgens berigte is daar gedurende die periode vanaf 27 Desember 2020 tot en met 7 Januarie 2021, daar sowat 7 000 Suid-Afrikaners gearresteer, weens hulle versuim om ‘n masker te dra. Hierdie maskerlose individue kan kriminele rekords in die gesig staar.
Die regulasies waarna Cele verwys, stel dit duidelik dat ‘n individu gearresteer kan word indien hy of sy ‘n mondelingse bevel vanaf ‘n polisiebeampte, om ‘n masker te dra, weier en of ignoreer. Nadat die waarskuwing gegee is en ‘n individu steeds nalaat om ‘n masker aan te sit, het ‘n polisiebeampte die diskresie om jou te arresteer, kragtens die bogemelde regulasies.
Die proses na arrestasie wat lei tot ‘n kriminele rekord:
Om nie ‘n masker te dra nie word nou so ernstig geag dat die oortreder moet verskyn voor ‘n Landdros ten einde ‘n kriminele rekord te verhoed.
Indien jy wel arrestasie in die gesig staar, het jy twee opsies, naamlik:
- Jy sal moontlik die keuse kan uitoefen om ‘n skulderkenningsboete te betaal, al dan nie. Hierdie opsie lei onmiddellik tot ‘n kriminele rekord aangesien jy summier skuld erken. Die betaling van hierdie boete behels net dat jy nie voor ‘n Landdros hoef te verskyn nie aangesien jy reeds skuld erken het – Vermy dus die betaling van ‘n skulderkenningsboete indien jy nie ‘n kriminele rekord wil hê nie.
- Waar jy nie ‘n skulderkenningsboete betaal nie kan jy kies om onskuldig te pleit en jou moontlike kriminele rekord aan te veg in die landdroshof, waar jy jou verwere sal stel.
Kinders wat nie hul maskers dra nie:
Die regulasies maak spesifiek melding van kinders onder die ouderdom van 6 jaar en dat hulle nie vervolg kan word nie. Dit is belangrik om ag te slaan op die Child Justice Act[3] wat bepaal dat geen kind onder die ouderdom van 10 strafregtelik aanspreeklik gehou kan word vir ‘n misdaad nie. Dus kragtens wetgewing kan geen kind onder 10 ‘n moontlike kriminele rekord in die gesig staar weens ‘n versuim om ‘n masker te dra nie.[4]
Slotsom
Die kern van die saak, ongeag die uitslag van die hangende litigasie is die volgende:
- Geeneen mag gearresteer word voordat ‘n polisiebeampte nie ‘n mondelinge waarskuwing aan ‘n individu sonder ‘n masker gegee het nie.
- Indien so ‘n waarskuwing geïgnoreer word, mag die polisiebeampte ‘n arrestasie maak kragtens die regulasies.
- ‘n Skulderkenningsboete wat betaal word lei tot ‘n kriminele rekord – vermy dus hierdie betaling.
- Geen kind onder die ouderdom van 10 jaar kan strafregtelik aanspreeklik gehou word as hulle nie ‘n masker dra nie, maar ouers onder wie se toesig ‘n kind sonder ‘n masker is, kan hulself moontlik blootstel aan vervolging.
Verder en net ter kennisname:
Gelukkig vir diegene met ‘n nuwejaarsvoorneme om meer te aktief te wees sal Suid-Afrikaners nie gestraf word indien hul besig is met fisiese oefening in openbare areas nie. “Social-distancing” moet wel nog steeds streng toegepas word soos in die regulasies voorgeskryf word.
Werkgewers het ook ‘n plig om seker te maak alle werknemers maskers dra by die werksplek. (Vir meer inligting hieroor, volg gerus hierdie skakel: https://www.gov.za/covid-19/about/alert-level-3-during-coronavirus-covid-19-lockdown)
[1] https://www.thesouthafrican.com/news/can-you-get-criminal-record-not-wearing-mask-south-africa-bheki-cele/
[2] https://www.gov.za/covid-19/about/alert-level-3-during-coronavirus-covid-19-lockdown
[3] CHILD JUSTICE ACT 75 OF 2008
[4]https://www.justice.gov.za/vg/childjustice.html#:~:text=A%20child%20older%20than%2010,capacity%20and%20can%20be%20arrested.