Die Hof vir Klein Eise bied ‘n vinniger en makliker manier om sekere siviele geskille met eise wat tot R20 000.00 beloop, op te los. Jy het nie ‘n prokureur nodig om jou by ‘n Hof vir Klein Eise te verteenwoordig nie en alle amptelike tale mag in ‘n Hof vir Klein Eise gebruik word.
Aangeleenthede wat na die Hof vir Klein Eise geneem kan word, is:
- Terugbetaling van geld wat aan iemand geleen is.
As iemand jou geld skuld en hulle weier om jou op die afgesproke tyd te betaal - Eis van goedere wat jou toekom.
As iemand goedere soos meubels by jou gekoop het en nie daarvoor betaal het nie.
- Eise van geld wat jou toekom.
As jy ‘n huis of enige ander eiendom aan ‘n persoon (huurder) verhuur het en die huurder nie die ooreengekome huur op die regte tyd betaal nie.
- Eise volgens ‘n wetsdokument.
As jy ‘n dokument het wat bewys dat jy geld van iemand moet ontvang, soos ‘n tjek, ‘n skuldbevestiging of skuldbewys.
- Eis om skadevergoeding.
As jy in ‘n ongeluk betrokke is en jy kan bewys lewer dat die ander bestuurder verkeerd was.
- Eise ingevolge kredietooreenkomste.
As jy ‘n besigheid het wat geld aan mense op krediet leen en jou krediteure nie die ooreengekome paaiemente betaal nie.
NB: Maak seker of die persoon van wie jy wil eis, die bedrag sal kan betaal (dit gaan ‘n mors van tyd wees as die persoon geen bates het of werkloos is nie).
Eise kan nie teen die volgende aangeleenthede ingestel word nie:
- om teen ‘n uitspraak of bevel van ‘n hof te gaan.
- eise wat meer as R20 000 beloop.
- eise teen die staat, plaaslike munisipaliteit of plaaslike regering.
- eise vir die amptelike nietigverklaring van ‘n huwelik.
- eise wat handel oor die geldigheid van ‘n testament.
- eise oor toerekeningsvatbaarheid.
- Eise waarin jy spesifieke optrede vereis sonder ‘n alternatiewe eis vir skadevergoeding (behalwe as jy eis vir goedere wat nie meer as R20 000 werd is nie).
Wat is die stappe wat gevolg moet word om ‘n saak by die hof van klein eise in te stel?
- Kontak die persoon met wie jy ‘n persoonlik geskil het, skriftelik of telefonies en vra hom om jou eis te besleg.
- As die persoon wat jou geld skuld weier om te betaal, moet aan hom/haar ‘n eisbrief gestuur word wat al die feite en die spesifieke bedrag waarop jy eis, aangedui word. Die brief moet persoonlik of per geregistreerde pos afgelewer word. Sodra die persoon die brief ontvang het, kry hy/sy 14-dae om die eis te besleg.
- As die persoon wat jou geld verskuldig is, die eis binne 14-dae nie betaal het nie, gaan na die Hof vir Klein Eise by jou naaste landdroshof met:
1. ‘n afskrif van die eisbrief. - enige kontrak of ooreenkoms tussen jou en die persoon wat die eis kan bewys.
- ‘n posstrokie of enige ander dokument wat bewys kan lewer dat die eisbrief aan die persoon oorhandig is.
- Die persoon se persoonlike en kontakbesonderhede.
Die klerk van die hof sal ‘n dagvaarding opstel wat die persoon sal dwing om op die vasgestelde datum hof toe te kom. Die dagvaarding kan deur jou of die balju van die hof afgelewer word.
Onthou die datum en tyd waarop jou saak aangehoor word en wees daar om jou saak te stel.
- Op die dag van die verhoor moet jy bewys lewer dat die dagvaarding afgelewer is aan die persoon van wie jy eis. Die hofprosedure is informeel en nie ingewikkeld nie. Daar word van jou verwag om jou storie te vertel en vrae te beantwoord van die kommissaris van die Hof vir Klein Eise.
- As die uitspraak in jou guns uitgespreek word, moet die persoon die geld onmiddellik betaal en ‘n kwitansie ontvang word. As hulle nie kan betaal nie, sal die hof hul finansiële posisie ondersoek en ‘n betalingsplan bepaal.
- As die persoon nie die geskil besleg soos ooreengekom nie, sal die saak na die landdroshof verwys word vir uitvoeringsprosesse.
Vir meer inligting kan jou naaste landdroshof gekontak word of besoek die webwerf van die departement: www.justice.gov.za