---
title: "Werksgeleenthede"
url: https://hurterspies.co.za/werksgeleenthede/
type: page
date: 2024-10-22
modified: 2025-10-31
markdown_url: https://hurterspies.co.za/werksgeleenthede.md
author: "Hurter Spies"
---

# Werksgeleenthede

# Werksgeleenthede

 
 

## Word deel van die Hurter Spies span.

 
 [![](http://hurterspies.co.za/wp-content/uploads/2025/04/HunterSpies-Square-Afr-Web-1024x939.jpg)](https://hurterspies.co.za/aansoeke/)
 Hurter Spies Ingelyf benodig ‘n **Invorderings- en debiteure klerk** (voltyds).

**Posbeskrywing**

- Algemene finansiële administrasie ten opsigte van skuldinvorderings en terugvoer aan kliënte;

- Ander verwante adminitratiewe en regsverpligtinge;

- Gegronde kennis van regsprosesse, optel van regs- en ander dokumente;

- Opstel van briewe aan balju’s, opvolg met balju’s en so ook skuldenaars;

- Hantering van dagboeke en administratiewe bystand aan finansiële beamptes;

- Uitstuur van rekeninge aan kliënte en opvolg van uitstaande debiteure;

**Kwalifikasie**

- Graad 12

- Rekenaargeletterd – Word, Excel en Outlook

- Tikspoed 40 woorde per minuut

- Ondervinding in GP sal voordeel geniet en ‘n baie sterk aanbeveling

**Vaardighede**

Akkuraatheid; stiptelikheid; eerlikheid; goeie organisering- en kommunikasievaardighede;
handhawing van goeie menseverhoudinge; vermoë om in ŉ span te werk; vermoë om onder druk te
werk; uitsonderlike administratiewe vaardighede; tik- en rekenaarvaardighede; tweetalig Afrikaans
en Engels; eie vervoer en geldige rybewys.

**Sluitingsdatum vir aansoeke**

Belangstellendes kan hulle aansoeke stuur aan [admin@hurterspies.co.za](mailto:admin@hurterspies.co.za), of ons [aanlyn aansoekvorm](https://hurterspies.co.za/aansoeke/) gebruik, teen nie later nie as **9 Mei ****2025**.

 
 [Doen Aansoek](https://hurterspies.co.za/aansoeke/)
