---
title: "Werkgewers se Tydelike Verligtingskema (TERS) tydens COVID-19 nood"
url: https://hurterspies.co.za/werkgewers-se-tydelike-verligtingskema-ters-tydens-covid-19-nood/
type: post
date: 2020-04-02
modified: 2024-01-12
markdown_url: https://hurterspies.co.za/werkgewers-se-tydelike-verligtingskema-ters-tydens-covid-19-nood.md
author: "Wian Spies"
---

# Werkgewers se Tydelike Verligtingskema (TERS) tydens COVID-19 nood

Die Kommissaris van Werkloosheidsversekering het in oorleg met die uitvoerende komitee die verligtingskema ontwikkel wat bekend staan as die Coronavirus Tydelike werkgewer / werknemersverligtingskema (“Covid-19 TERS”).

Hierdie skema stel vir werkgewers in staat om aansoek te
doen vir voordele gedurende die grendelstaat asook na afloop van die
grendelstaat om die ekonomiese gevolge daarvan te versag. 

**Kwalifiserende
vereistes:**

Die Werkloosheidsversekeringsfonds of te wel die ‘UIF’ sal hulp verleen aan benadeelde werkers deur onder andere Tydelike Werkgewer-Werknemer Verligtingskema-voordele (die sogenaamde TERS voordele). 

Indien werkgewers wat verplig is om die ‘tydperk van
isolasie’ af te dwing en finansiële bystand nodig het vanaf die UIF, kan hulle
die volgende e-posadres gebruik vir verdere basiese inligting: [covid19ters@labour.gov.za](mailto:covid19ters@labour.gov.za). 

‘n Outomatiese e-pos sal teruggestuur word wat die
basiese prosedure, dokumente en inligting beskikbaarstel vir belangstellendes.

**Basiese
riglyne vir toegang tot die UIF-fonds:**

**STAP
1 :** Die volgende dokumente is
nodig

- ‘n Magtigingsbrief wat aantoon dat jy mag optree namens ‘n maatskappy om ‘n eis in te stel is nodig.
- ‘n Voltooide ooreenkoms tussen die UIF, Onderhandelingsraad (‘Bargaining Council’) en die Werkgewer.
- ‘n Voorgeskrewe vorm wat belangrike inligting van die werkgewer vereis.
- ‘n Bewys van werknemersalarisstrokies van die vorige drie maande.
- ‘n Gesertifiseerde bankstaat ter bevestiging van bankbesonderhede.

**STAP
2**:  Stuur alle dokumente genoem in STAP 1 na [covid19claims@labour.gov.za](mailto:covid19claims@labour.gov.za)

**STAP
3:**  Betaling sal eers kan geskied nadat die
voltooide ooreenkoms soos genoem in STAP 1 deur die Fonds en die Werkgewer of
Onderhandelingsraad afgeteken is.
