CRADOCK 4 Die heksejag begin
Die geregtelike ondersoek na die dood van die sogenaamde Cradock-4 het weer die gesprek oor gelykheid voor die reg laat opvlam. Vier aktiviste, Matthew Goniwe, Fort Calata, Sparrow Mkhonto and Sicelo Mhlauli, wat met die destydse United Democratic Front verbind is, is in 1985 dood nadat hulle vermoedelik deur die veiligheidspolisie ontvoer is. Die verrigtinge het dié week in die hooggeregshof in Gqeberha (Port Elizabeth) ’n aanvang geneem, nadat die heropening van die geregtelike doodsondersoek verlede jaar deur Ronald Lamola, toe minister van Justisie, aangekondig is.
CRADOCK 4 Die heksejag begin Read More »

