---
title: "Opsomming van die Direktiewe Uitgereik in gevolge Regulasie 10 van die Rampbestuurswet (57/2002)"
url: https://hurterspies.co.za/opsomming-van-die-direktiewe-uitgereik-in-gevolge-regulasie-10-van-die-rampbestuurswet-57-2002/
type: post
date: 2020-03-30
modified: 2024-01-12
markdown_url: https://hurterspies.co.za/opsomming-van-die-direktiewe-uitgereik-in-gevolge-regulasie-10-van-die-rampbestuurswet-57-2002.md
author: "Wian Spies"
---

# Opsomming van die Direktiewe Uitgereik in gevolge Regulasie 10 van die Rampbestuurswet (57/2002)

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het die ernstige virus Coronavirus 2 (COVID-19) geklassifiseer as 'n pandemie. Gevolglik het president Cyril Ramaphosa op 15 Maart 2020 'n nasionale ramptoestand in Suid-Afrika verklaar ingevolge die Rampbestuurswet, soos gewysig, en op 18 Maart regulasies ingevolge artikel 27 (2) van die Wet is met onmiddellike ingang gepubliseer (die regulasies). Die regering het dapper maatreëls aangekondig om die verspreiding van die virus in Suid-Afrika te bekamp. Gevolglik het die die aankondiging ons howe geraak en het Grondwetlikeregte Mogoeng Mogoening 'n direktief uitgereik oor hoe ons land se howe gedurende hierdie tyd gaan funksioneer. Hieronder volg ‘n kort opsomming van die belangrikste punte van die regulasies.

### DAAR SAL BEPERKTE TOEGANG TOT DIE HOF WEES:

- Slegs indien iemand ‘n deurslaggewende belang by die saak het (die litigante, beskuldigdes, getuies ens) sal hy of sy toegelaat word om die hof binne te gaan – ‘n hofbeampte sal ten alle tye die veiligheidsmaatreels afdwing. Alle aangeleenthede wat tydens die grendelstaat aangehoor word moet egter noodsaaklik en dringend wees.
- Die aantal individue wat die hof binnegaan sal beperk word sodat sosiale afstandshouding bevorder word.
- Buitelanders wat in Suid-Afrika ingekom het tot en met ‘n week voor die aankondiging van die Nasionale Ramptoestand sal eers getoets moet word vir COVID-19 voordat hulle in die hof ingelaat sal word en verder sal enigeen wat in aanraking was met ‘n persoon wat positief getoets het vir COVID-19 sal toegang geweier word.

### STRAFSAKE:

- Strafsake
wat op die rol geplaas is tydens die isolasie tydperk word uitgestel tensy dit
nie in die belang van geregtigheid is nie.
- Beskuldigdes
gearresteer vir klein oortredings moet vrygelaat word met ‘n waarskuwing om op
‘n latere datum in die hof te verskyn.
- Waar
beskuldigdes nie toegesluit is nie sal ‘n dagvaarding ontvang met ‘n nuwe
geallokeerde hofdatum.
- Alle sake
waar kinders in Kinder- en Jeugsorgsentrums aangehou word moet in *absentia *in
hegtenis geneem word.

### SIVIELE SAKE:

- Sake wat
nie as dringend en noodsaaklik geag word nie sal **nie op die hofrol geplaas
word** tydens die tydperk van isolasie nie. Die hof behou wel die diskresie
om anders te bepaal.
- Die hoofgriffier
en klerk van die hof moet regsverteenwoordigers skriftelik in kennis stel van
nuwe hofdatums.
- Tydsbeperkings
soos vervat in hofreëls word vir die tydperk gestaak en sal weer na die tydperk
van isolasie hervat tensy ‘n regsbeampte ‘n spesifieke bevel maak rakende
dringende en noodsaaklike sake.
- Reaksiedatums
word verleng met ‘n maand na die beeindiging van die isolasie tydperk.
- Betekening
van stukke en uitvoer van skrywes word beperk tot waar die sake dringend en
noodsaaklik is.
- Alle
uitsettings en eksekusies van roerende en onroerende beslaglegtingsbevele word
gestaak met onmiddelike effek vir die totale duur van die isolasie tydperk.

### DIENSTE VAN DIE MEESTERSKANTOOR:

- Slegs
sekere dienste met betrekking tot die Boedeladministrasiewet sal verskaf word in
die isolasie tydperk.

### FAMILIEREGDIENSTE:

Sekere dienste sal steeds behartig word. 

- Hofbevelle
rakende pleegsorg, aanneming, verwydering van kinders wat sorg en beskerming
nodig het, plasing van kinders in kinder-en jeugsorgsentrums, sake oor
internasionale kinderontvoering.
- Aansoeke
rakende afdwinging van onderhoudsbevelle.
- Beskermingsbevelle
rakende teistering en huishoudelike geweld.
- Reëlings
waar ‘n kind van een ouer na ‘n ander geskuif word.

### VEILIGHEIDSMAATREELS BY HOWE IN DIE ISOLASIE TYDPERK:

- Die
minister van Gesondheid het sekere bepalings daargestel waaraan voldoen moet
word:
- Skoonmaak
van publieke areas moet plaasvind, alle lede van die publiek wat die hof
binnegaan moet aanmeld by die sekuriteitstasie wat toegang beheer en ‘n vorm
invul en daarna hul hande skoonmaak (ontsmet).

**LET WEL: **‘n Regsbeampte wat ‘n aangeleentheid in die hof hanteer mag beveel dat daar afgewyk kan word van enige bepaling in hierdie hofinstruksies genoem indien dit in die belang van geregtigheid is.

[DIREKTIEWE UITGEREIK IN GEVOLGE REGULASIE 10 VAN DIE RAMPBESTUURSWET (57/2002)](http://hurterspies.co.za/wp-content/uploads/2020/03/Directions-ito-Reg-10-of-the-Disaster-Management-Act-2.pdf)[Download](http://hurterspies.co.za/wp-content/uploads/2020/03/Directions-ito-Reg-10-of-the-Disaster-Management-Act-2.pdf)
