---
title: "Oormag (Vis Major) en Kontraktuele Verpligtinge"
url: https://hurterspies.co.za/oormag-vis-major-en-kontraktuele-verpligtinge/
type: post
date: 2020-03-30
modified: 2024-01-12
markdown_url: https://hurterspies.co.za/oormag-vis-major-en-kontraktuele-verpligtinge.md
author: "Hurter Spies"
---

# Oormag (Vis Major) en Kontraktuele Verpligtinge

Te midde van een van die mees invloedryke pandemiese van die modern mense heugenis, ontstaan die vraag van watter invloed die COVID-19 grendelstaat op partye se kontraktuele verpligtinge mag hê. Tot op hede het die virus meer as 150 lande geraak, skole en kerke is gesluit en ons land se ekonomie het tot ‘n stillstand gekom. Alhoewel gebeure soos hierdie pandemie absoluut uniek en uitsonderlik skaars is, maak ons land se reg voorsiening vir hierdie soort gebeure. Kontraktuele bepalings oor oormag (*vis major*) word bevat in talle skriftelike ooreenkomste en daar word ook in ons gemenereg hiervoor voorsiening gemaak. 

### OORMAG EN DIE GEMENEREG

*Vis major* is
gebeure wat beide kontrakterende partye wesenlik van aanspreeklikheid kwytskeld
wanneer 'n buitengewone gebeurtenis of omstandigheid wat die partye se beheer
oorskry, soos 'n oorlog, staking, oproer, misdaad, plaag of 'n gebeurtenis wat
beskryf word as oormag (orkaan, vloed, aardbewing, vulkaniese uitbarsting,
ens.), verhoed dat een of albei partye hul verpligtinge ingevolge die kontrak
nakom. In die praktyk is die effek van oormagsklousules nie dat partye
vrygespreek word van hul kontraktuele verpligtinge nie maar eerder dat dit
slegs opgeskort word vir die duur van die *vis major*. 

As 'n ooreenkoms nie 'n oormagsklousule bevat nie, of as ‘n
oormagsklousule in 'n kontrak nie die onvoorsiene gebeurtenis uitdruklik noem
nie kan die partye moontlik staat maak op die gemeenregtelike beginsel van onmoontlikheidwording
van prestasie om hul verpligtinge ingevolge die kontrak op te skort, mits dit objektief
onmoontlik geword het vir hulle om ingevolge die kontrak te presteer as gevolg
van 'n onvoorspelbare en onvermydelike gebeurtenis. 

Ons reg is egter baie streng wanneer dit kom by die
toepassing van *vis major*. In *Glencore Grain Africa (Pty) Ltd / Du
Plessis NO & andere [2007]* *JOL 21043 (O) *bevind die Hof dat daar
sekere voorwaardes bestaan vir *vis major* om toegepas te word, naamlik: 

- Die onmoontlikheid moet objektief onmoontlik wees;
- Die onmoontlikheid moet absoluut wees en nie slegs waarskynlik
nie;
- Die onmoontlikheid moet absoluut wees en nie relatief tot
die spesifieke kontrakterende party nie;
- Die onmoontlikheid moet onvermydelik vir die redelike
persoon wees;
- Die onmoontlikheidmaking mag nie die skuld van een van
die partye wees nie;
- Die blote feit dat 'n ramp of gebeurtenis voorsienbaar
was, beteken nie noodwendig dat dit voorsienbaar moes gewees het of dat dit vermy
kon word deur 'n redelike persoon nie.

### TOEPASSING VAN VIS MAJOR

Die COVID-19-virus is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie
as 'n wêreldwye pandemie verklaar en verskeie lande het nou grendelstate in
werking gestel om die verspreiding van die virus te vertraag. As die regering
in Suid-Afrika beveel dat ondernemings moet sluit, openbare vervoer moet stop,
of enige ander gebeurtenis wat die uitvoering van verpligtinge ingevolge 'n kontrak
onmoontlik sou maak, val dit binne die gemeenregtelike definisie van *vis
major*. Die Suid-Afrikaanse regering het op 15 Maart 2020 'n nasionale ramp
verklaar, wat die nasionale uitvoerende gesag sekere bevoegdhede gegee het om
regulasies uit te voer in 'n poging om die verspreiding van die virus te
beperk. Dit sluit regulasies in wat verband hou met die beskerming van eiendom
en die beskerming van die publiek, met die doel om "die vernietigende en
ander gevolge van die ramp te hanteer", soos uiteengesit in die Staaskoerant
GN313 van 2020. Die bewoording van die ramptoestand is breed genoeg om ‘n *vis
major *in te sluit. Die aankondiging van die ramptoestand is gevolg deur die
aankondiging dat Suid-Afrika in ‘n grendelstaat gaan wees vir 21 dae waar
Suid-Afrikaners versoek word om tuis te bly en slegs noodsaaklike dienste mag
voort gaan. Die toepassing van die grendelstaat maak dit vir talle partye
eenvoudig onmoontlik om met hul kontraktuele verpligtinge voort te gaan. 

In die geval waar ondernemings die vooruitsig gehad het
om 'n oormagsklousule in te sluit met algemene bepalings soos “siektes” of meer
spesifieke terme soos “epidemie of pandemie”, is dit moontlik dat COVID-19
hierdie klousule reeds in werking geroep het. Na die vorige uitbreek van die
SARS- en MERS-virusse, word al hoe meer ondernemings aangeraai om spesifieke
verwysings na pandemies in hul oormagsklousules in te sluit. Dit is veral
relevant by die hantering van langtermynkontrakte aangesien hierdie soort
kontrakte veral vatbaar is vir onvoorsiene veranderinge.

Die gemeenregtelike definisie van *vis major* is
egter van toepassing op alle en enige ooreenkomste, insluitend dienskontrakte,
kommersiële ooreenkoms en huurooreenkomste. Dit is dus belangrik om ‘n
regspraktisyn te raadpleeg voordat daar staat gemaak word op ‘n oormagsklousule
of die gemeenregtelike *vis major*. Sodra daar staat gemaak word op
onmoontlikheidwording van prestasie en ‘n kontrak gevolglik nie nagekom word
nie bestaan die gevaar dat kontrakbreuk mag plaasvind. 

Kontak Hurter Spies Ing. vandag om jou moontlik
regsremedies in hierdie onsekere tyd te bespreek.
