---
title: "Die Skrapping van ‘n Kriminele rekord in Suid-Afrika"
url: https://hurterspies.co.za/die-skrapping-van-n-kriminele-rekord-in-suid-afrika/
type: post
date: 2020-03-30
modified: 2024-01-12
markdown_url: https://hurterspies.co.za/die-skrapping-van-n-kriminele-rekord-in-suid-afrika.md
author: "Wian Spies"
---

# Die Skrapping van ‘n Kriminele rekord in Suid-Afrika

‘n Kriminele rekord kan soos ‘n swaar wolk oor jou kop
hang. Min mense besef dat selfs die kleinste kriminelemisdryf groot gevolge vir
jou toekoms kan inhou. Hierdie gevreesde rekord kan indiensneming, reisplanne, en
immigrasieplanne in die wiele ry. Om in Suid-Afrika se huidige ekonomiese
toestand werk te kry is reeds ‘n stryd, ‘n kriminele rekord maak hierdie soeke egter
byna onmoontlik. Vergemalik jou stryd en vee die vlek op jou naam uit.

### Wetgewing wat die skrapping vervat:

Artikel 271 van die Strafproseswet reël die
skrappingsproses. Daar kan spesifiek gekyk word na Artikel 271A tot Artikel
271C van die genoemde wet om te bepaal watter vonnisse wel vir skrapping kan
kwalifiseer. Die proses wat gevolg moet word is te sien in Artikel 271D van die
wet.  

### Kan my kriminele rekord geskrap word?

Natuurlik is daar ‘n paar hekkies waaroor jy gaan moet
spring voordat jou rekord iets van die verlede is. Die eerste tree in die regte
rigting is om te bepaal of jou kriminele rekord wel skoongevee kan word. Vir
jou rekord om in aanmerking te kom vir skrapping is daar vereistes waaraan jy
moet voldoen:

- Vanaf die
datum van skuldigbevinding moes **tien jaar** verloop het.
- Gedurende
hierdie tien jaar is jy nie aan ‘n ander misdryf skuldig bevind en gevonnis, sonder
die keuse van ‘n boete, nie.
- Die
misdryf waaraan jy jouself skuldig gemaak het is uiteengesit wat in Artikel
271A-C van die Strafproseswet.

Daar is egter ‘n paar gevalle waar jou rekord nie in
aanmerking gaan kom vir skrapping nie:

- Waar ‘n
kriminele rekord gegrond is op ‘n seksuele misdryf teen ‘n minderjarige of ‘n
geestesongestelde individu.
- Indien
die oortreder se naam in die Kinderbeskermingsregister of in die Nasionale
Register vir Seksueleoortreders geregistreer is. (Dit is belangrik om daarop te
let dat jy wel steeds vir skrapping in aanmerking kan kom indien jou naam reeds
vanaf die bogenoemde registers verwyder is).

Hier volg dan verder ‘n paar gevalle waar jy sal
kwalifiseer vir die skoonmaak van jou rekord:   Misdrywe met ‘n boete  wat nie die bedrag van R20 000 oorskry nie.
‘n Vonnis van inhegtenisneming ingevolge artikel 276(1)(i) van die
Strafproseswet, ‘n Vonnis van korrektiewe toesig kragtens artikel 276(1)(h) van
die bogenoemde wet. Verder sal jy kwalifiseer waar daar bewys is dat jou naam
verwyder is van die Nasionale Register van Seksuele Oortreders of die Nasionale
Kinderbeskermingsregister. 

### Hoe werk die aansoekproses?

Indien jy jou kriminelerekord iets van die verlede wil
maak is dit nodig om kragtens die Strafproseswet by die Direkteur-Generaal
aansoek te doen vir die nodige skrapping vanaf die register.  Indien jou aansoek suksesvol is sal dit behels
dat jou kriminele rekord verwyder word vanaf die Kriminele Rekord Sentrum se
kriminele rekord databasis. 

### My kriminelerekord is geskrap, wat nou?

Wanneer jou aansoek toegestaan word, word dit geag asof jy nie die betrokke misdryf gepleeg het nie. Die kriminelerekord word permanent vanaf die Nasionale Kriminele Register verwyder. Dit kom nou neer op die feit dat jy met ‘n skoon gewete vir enige werkgewer, familie of vriende kan vertel dat jy geen vorige misdrywe op jou naam het nie. Jou kriminelerekord sal nie meer verskyn wanneer ‘n werkgewer jou verlede ondersoek nie. En jou reis- of immigrasieplanne kan voortgaan sonder ‘n vlek op jou naam.

[AANSOEK OM SKRAPPING VAN ‘N KRIMINELE REKORD- J744A VORM A](http://hurterspies.co.za/wp-content/uploads/2020/03/J744a_vormA-1.pdf)[Download](http://hurterspies.co.za/wp-content/uploads/2020/03/J744a_vormA-1.pdf)
