Vakansieprogram

Hurter Spies Ing. is ‘n firma wat regstudente ‘n ongelooflike unieke ervaring bied. Slegs ‘n handjievol firmas in Suid -Afrika litigeer so gereeld by die hoogste howe van Suid -Afrika. 

As deel van hierdie program sal jy praktiese ervaring opdoen met ons direkteure, en jy kan verwag om eerstehandse hof- en regservaring op te bou. Ons vakansieprogram vir studente lok aansoeke van die skerpste en beste regstudente, en baie van ons vakansiewerkstudente word kandidaat regspraktisyns by ons firma. 

Elke jaar aanvaar Hurter Spies twee groepe van 6 studente elk om aan ons week lange program deel te neem. Ons 2022 -vakansieprogram vir studente duur van 10 – 14 Januarie 2022 (eerste groep) en 17 – 21 Januarie 2022 (tweede groep).

 

Doen aansoek

Aansoeke sluit 30 November 2021

Om aansoek te doen, stuur 'n e-pos aan deloff@hurterspies.co.za met die volgende dokumente aangeheg:

1. CV
2. Akademiese rekord
3. 'n Kort 250 woord motiverende brief

Waarna ons opsoek is

Ons vakansieprogram vir studente lok aansoeke van die skerpste en beste regsstudente, van wie baie kandidate by ons firma word. Ons werf diegene met ‘n toewyding tot geregtigheid, die oppergesag van die reg en gelykheid voor die wet. Kandidaat regspraktisyns by Hurter Spies word blootgestel aan baanbrekende regswerk, professionele werksetiek en ‘n opregte toewyding tot geregtigheid.

Vereistes

Om aansoek te doen, moet jy voldoen aan die volgende vereistes:

1. ‘n Student wees aan ‘n geregistreerde tersiêre instelling in Suid-Afrika.

2. In derde of finale jaar van jou LLB of finale jaar van BCom Regte of BA Regte.

3. ‘n 60% gemiddel handhaaf vir jou laaste jaar van studies