Strukture van Suid-Afrikaanse howe

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn

Die verskillende Suid-Afrikaanse howe vertolk elk ‘n ander rol. Die feit dat daar meer as een tipe hof in ons land is veroorsaak dus dat ‘n spesifieke vraag aangewakker word; “in watter hof kan my saak aangehoor word?”

Die invloed van artikel 166 van die Grondwet:

Artikel 166 van die Grondwet vestig die velerei howe in ons land en die tersaaklike struktuur wat daarmee gepaard gaan. ‘n Nuwe struktuur en hiërargie van howe is deur artikel 166 geskep waar die Konstitusionele Hof amptelik as die hoogste hof geag word. Dus het hierdie hof die ‘n finale sê oor enige Grondwetlike aangeleenthede.

Die bogenoemde artikel het ook die vorige appèlafdeling van die Hooggeregshof verander in die ‘Hoogste Hof van Appèl’ en gepaard daarmee is die basiese hoë howe gevestig.

Die land se howe word onderskei as die Konstitusionele Hof, die Hoogste Hof van Appèl, die Hoë Hof (met inbegrip van enige hoë hof van appèl wat ingevolge ‘n Parlementswet ingestel is om hierdie appèlle aan te hoor), die Landdroshof en laastens, enige ander hof wat gevestig en erken word in terme van ‘n Parlementswet. 

Daar kan derhalwe tussen drie “katogorieë” van howe onderskei word: Die Konstitusionele Hof, die gewone howe (Hoogste Hof van Appèl, hoë howe, landdroshowe) en die spesiale howe.

Wanneer word ‘n spesifieke hof genader?

Die basiese vraag wat beantwoord moet word is, hoe bepaal ‘n mens in watter hof ‘n spesifieke saak aangehoor word? Hiervoor is dit nodig om te kyk na die onderskeie howe se bepaalde jurisdiksie. Jurisdiksie verwys na die bevoegdheid van ‘n spesifieke hof om ‘n saak te kan aanhoor. Sommige sake kan glad nie in laer howe aangehoor word nie en moet dadelik na die hoë hof verwys word. Soms het slegs die Konstitusionele Hof die nodige jurisdiksie.

n Kortlikse opsomming van howe se jurisdiksie:

Howe kan as hof van eerste instansie funskioneer óf appèlle aanhoor en uitsprake hersien.

Die Konstitusionele Hof word as die hoogste hof in die land geag. Kragtens die Grondwet het dié hof jurisduksie in alle grondwetlike sake asook enige ander saak waaraan dit toestemming gee om te appèlleer.

Die Hoogste Hof van Appèl oefen nes die Konstitusionele Hof jurisdiksie uit oor Suid-Afrika as ‘n geheel. Hierdie hof funksioneer slegs as ‘n hof van appèl en nooit as ‘n hof van eerste instansie nie. Appèl van beide straf- en siviele sake kan hanteer word. Uitsprake van die Hoogste Hof van Appèl is bindend op alle gewone howe.

Hoë Howe het provinsiale jurisdiksie en hoor slegs siviele sake aan waar meer as R100 000 betrokke is asook ernstige strafsake. Hierdie howe kan appèlle van die laer howe aanhoor wat binne hul provinsiale jurisdiksie val.

Laer Howe kan verdeel word tussen Streekhowe en Diskrikshowe. Monetêre jurisdiksie skei hierdie twee howe van mekaar. Disktikshowe hanteer siviele sake waar die monetêre waarde tussen R0 en R200 000 val. Die streekhof hanteer dan sake waar die monetêre waarde tussen R200 000 en R400 000 beloop. Die monetêre jurisdiksie van die laer howe verander egter van tyd tot tyd.

Die distrikshof hoor siviele en strafsake aan. Die strafregtelike jurisdiksie is beperk tot mindere misdade (soos dronkbestuur). Die maksimum gevangenisstraf wat gegee mag word is 3 jaar. Die Siviele jurisdiksie is ook beperk aangesien die hof nie jurisdiksie kan uitoefen oor sake wat direk hoë hof toe moet gaan nie – slegs sake met ‘n eis van minder as R200 000 kan aangehoor word. Egskeidings kan nie deur die diskrikshof hanteer word nie.

Die Streekhof hoor hoofsaaklik strafsake aan en kan enige misdryf behalwe hoogverraad aanhoor. Op ‘n sivielregtelike noot kan egskeidings tans wel deur die streekhof aangehoor word.

Daar is dan natuurlik ook die hof vir klein eise wat sekere eise wat tot en met R20 000 strek hanteer.

‘n Diagram wat die hofstrukture uiteensit:

Bronnelys:

Boeke:

  • Pete S, (2011) Civil Procedure: A Practical Guide, Oxford Unicersity Press SA.
  • Kleyn D, Viljoen F, (2010) Beginners gids vir regstudente, Juta, bl 186.

Webtuistes:

Nog artikels

Wat is Skuldberading?

Deur Jacque H Degenaar In die seldsame tye waarin ons leef vandag is almal onder groot finansiele druk. Almal soek na maniere

Hoe eis mens by die Padongelukkefonds?

Die Padongelukkefonds is ‘n statutêre liggaam wat deur die wet ingestel is om die stelsel van skadevergoeding te administreer vir skade wat